Viewed products
Is U Meskien Mislei? (PDF Download)
Hulle Het Jou Mislei!
Is U Meskien Mislei? (PDF Download)
Hulle Het Jou Mislei!: Areas van die Grootste Misleiding (Afrikaans Edition)
Wat as alles wat u nog altyd glo die waarheid is, alles waarop u u lewe gebou het, ‘n leun was? Wat as u die waarheid ontdek, wegdraai van misleiding en die besluit kos u alles?
God het gesê “die hele wêreld”, dit beteken Christene, Messiaanse gelowiges, u, ek en elke persoon op hierdie planeet is mislei, sekere meer as ander, maar elke person tot ‘n sekere mate: "…die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, WAT DIE HELE WERELD VERLEI" (Open 12:9)
God het bogenoemde en soortgelyke verse in Sy Woord geplaas om ons te waarsku teen ‘n realiteit van wêreld geskiedenis: globale misleiding. Self ook die wat voorgee om Evangelies Christelik te wees, is uitgelewer aan die leun van die slang: "..in die LAASTE TYE SOMMIGE van DIE GELOOF AFVALLIG SAL WORD en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang." (1 Tim 4:1)
In die sewe briewe in Openbaring gerig aan die Gelowiges, neem kennis nie die heidene nie; word gesê, Gelowiges waak dat julle nie mislei word nie. Oor en oor in hierdie sewe briewe basuin God uit "Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die Gemeentes sê." (Openbaring Hoofstuk 2 & 3)
Daar is huidiglik 41,000 VERSKILLENDE Christen gelowe, bedieninge en denominasies (Wikipedia 2013) en word by die dag meer. ELKEEN van hulle glo hulle leerstellinge en dogma is korrek en waar en dat DIE RES MISLEI IS, juis daar word God se eie woorde ontheilig. Hy sê uitdruklik dat ons almal mislei is.
Geliefde Christen, kan dit wees dat u mislei is? Selfs al het u God se Heilige Gees? Miskien het u leraar, pastoor of dominee gesê dis onmoontlik vir ‘n persoon wat God se Heilige Gees het om mislei te word. Net omdat hulle so sê, beteken nie dat dit waar is nie!
Daar sal wolwe tussen die skape wees om gelowiges te mislei: "En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, HULLE WAT VERLEI en VERLEI WORD".( 2 Tim 3:12-14)
In die Boek Deuteronómium staan geskrywe dat God die mensdom voor ‘n keuse stel wat deur die mensdom gemaak moet word: "Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. KIES dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag." (Deut 30:19)
God se Gees lei ons slegs en sal nooit gehoorsaamheid afdwing nie!
Besef u dat u mislei kan wees sonder dat u daarvan bewus is?... God het gesê, as u, U VERTROUE IN DIE MENS STEL sal u vervloek wees soos ‘n kaal bos in die wildernis: "So sê die Here, vervloek is die man WAT OP DIE MENS VERTROU en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk. En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewone land." (Jer 17:5-6)
Kan u mislei wees? Kort antwoord? Ja, u kan! Kom reis saam met my terwyl ons na basiese areas gaan kyk waar die mens mislei word, onwetend deur meeste Gelowiges…
PDF formaat beskikbaar by: http://www.hrti.co.za/shop/ asook GRATIS videos
Boek Grootte: A5
Nommer van Bladsye: 34
Revelation of Yeshua Hamashiach – Full Hebraic Perspective! (PDF Download)
A book that every Believer should read! Scroll down for the details
Mysterious Spirit World: A Hebraic Perspective (PDF Download
God’s Calendar: The True Calendar (PDF Download)
The Ultimate "Mystery" In The Bible! (PDF Download)
Bloodline Curses: A Hebraic Perspective (PDF Download)
Messianic Shabbat (PDF Download)
Jewish Eschatology: A Hebraic Understanding (PDF Download)
All About Divorce: A Hebraic Perspective (PDF Download)
Losing Weight God’s Way (PDF Download)