Is U Messias van Joodse Herkoms of van Westerse Nasies? View larger

Is U Messias van Joodse Herkoms of van Westerse Nasies?

MessiasvanJoodseHerkoms

Is U Messias van Joodse Herkoms of van Westerse Nasies? (PDF Download)

More details

$2.50

More info

Is U Messias van Joodse Herkoms of van Westerse Nasies?: Skrif Bewyse vir Sy Jodedom (Leringe Reeks Book 1) (Afrikaans Edition)

So verbasend soos dit mag lyk, is baie geliefde Christene nie bewus daarvan dat Yeshua (Jesus) ‘n Jood is nie. Feit is, wanneer baie hoor dat Hy is, word hulle kwaad en self woedend. Dit gebeur baie dikwels: "Hoe kan jy sê dat Jesus ‘n Jood was? Almal weet to hy was ontvang van die Heilige Gees en daarom God en nie Jood nie. Dit was maar net toevallig dat hy tussen die Jode geleef het."

Baie Christene bulder uit: "Wat is al hierdie stories oor Jesus wat 'n Jood was? Hy was nie 'n Jood nie, hy was die eerste Christen en die stigter van die Christelike Kerk."

Dit is uiters jammer dat hierdie tipe van denke algemeen is in Christelike kringe vandag. Eintlik is dit 'n uitdrukking van 'n subtiele, dikwels onderbewustelike, houding aan die kant van baie Christene wat baie ernstig en uiters gevaarlik is. Ons kan selfs so ver gaan as om dit te definieer as "onheilig". Dit is 'n onheilige, diepgewortelde anti-Semitisme wat tot uiting kom in 'n onwilligheid om Yeshua te aanvaar as 'n Jood.

Die verdraaide logika is: "Hoe kan iemand so dierbaar en kosbaar vir my, iemand waarvoor ek so lief is en aan wie ek my lewe oorgegee het, 'n Jood wees?"

Dit word geglo dat hierdie soort van denke van die oortuiging van baie Christene van vandag spreek. Dit is gewoonlik diep begrawe (of onderdruk) in die onderbewussyn en manifesteer slegs openlik wanneer 'n mens se geestelike wag af is. Dit is die resultaat van die geestelike boot van die Woord van God wat los geskeur word van die kaai van die historiese fondamente van Bybelse geloof wat stewig vasgemeer in die fondamente van die historiese OT was. As gevolg hiervan, het die geestelike skip vir eeue rondgedobber in 'n see van heidense teologie wat gelei het tot die nie-Joodse van die Kerk.

Die geliefde Kerk het vergeet dat hulle die Wilde Olyftakke is wat ingeënt in die natuurlike Olyf Boom moet word. Hulle het jammerlik heeltemal vergeet van waar die die tak die voedsame sap ontvang.

Reis saam met my as ons die Skrif bestudeer wat ons deeglik sal oortuig dat ons Messias Yeshua inderdaad 'n Jood was...

PDF formaat beskikbaar by: http://www.hrti.co.za/shop/ asook GRATIS videos

Boek Grootte: A5

Nommer van Bladsye: 24

Top sellers

PayPal